Description
- Die boek is in ‘n goeie toestand.
In die hande van Hennie Aucamp word die portret ‘n opwindende, nuwe genre. Sy persoonlike herinneringe aan “gewers en aangewers” skep ‘n unieke galery. Maak kennis met legendariese vroue soos M.E.R., Anna Neethling-Pohl, Lucy Roux, Rina Botha, en herleef met Aucamp die wêrelde van Con de Villiers, W.A. de Klerk, Uys Krige, Ernst van Heerden, Stephan Bouwer en ander. Uiteindelik is Bly te kenne méér as ‘n nostalgiese terugblik op die persoonlikhede, werk en lewensbeskouings van die mentors in sy lewe. Dis terselfdertyd ook ‘n intieme blik op die skrywer self wat op ‘n voortreflike wyse bevestig dat geestesadel en ‘n kreatiewe lewensinstelling noodsaaklike toerusting is vir oorlewing in ‘n nuwe bedeling.