Description
- Geskryf deur Francois Bloemhof
Shawi Daniels word deur omstandighede genoodsaak om haar skoolopleiding te staak en as sekretaresse vir die beroemde oudakteur, Dawid Roets, te gaan werk. In dié huis waar al sewe sondes kop uitsteek, blyk dit egter gou dat dit ‘n werk is wat niemand anders wou hê nie. Maar dit is ook hier waar Shawi verlief raak …
Shawi besef reeds die eerste nag dat haar nuwe huis nie ‘n veilige plek is nie. Eers na een van die huismense ontvoer word en die ontvoerder dreig om moord by sy sondes te voeg, besef Shawi hoe groot die gevaar is. Omdraaikans is daar nie.
Die twee jongmense se rasseverskil is maar een faktor in dié verhaal wat jou op sleeptou neem en ‘n veranderende wêreld weerspieël, maar Die wit huis is allereers ‘n heerlike spanningsverhaal vir jong lesers.