Description
Selfs met die gesondste eetgewoontes is dit moontlik dat jy steeds alles behalwe ‘n plat maag het. James Duigan skryf in hierdie boek dat die gifstowwe in baie lae-vet voedsel en sogenaamde dieet kosse jou maag eintlik vetter kan maak. Dan is daar nog allergiee, stres en ‘n gebrek aan slaap wat alles ‘n rol speel om daardie onooglike rolletjies te laat uitswel. Duigan se boek: Wys jou hoe om jou pad na ‘n platter maag te eet; verskaf maaltydplanne; sluit resepte in; gee wenke oor hoe om hongerpyne in toom te hou wat jou van jou eetplan kan laat ontspoor; voorsien volkleur, stap-vir-stap illustrasies van die beste oefeninge vir ‘n plat maag; sluit ‘n kitsplan in om binne 6 dae ‘n verstommende verskil te maak – dieselfde plan wat Duigan vir modelle aanbeveel.