Description
Inhoud:
1 Intreepreek
Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie. Markus 1:15
2 Spanbou
Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak. Markus 1:17
3 Jou tweede geboorte
As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Johannes 3:3
4 So klop God se hart
God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Johannes 3:16
5 Die aanraking
Hy het Hom in die gedrang omgedraai en gevra: ‘Wie het aan my klere geraak?’ Markus 5:30
6 Bly jy maar net glo
Moet jou nie ontstel nie. Bly maar net glo! Markus 5:36
7 Afhanklikheid
Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is. Matteus 5:3
8 Julle is die sout vir die aarde
Julle is die sout vir die aarde.… Julle is die lig vir die wêreld. Matteus 5:13–14
9 Hoe om vyande lief te hê
Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Matteus 5:44–45
10 Moenie skatte bymekaar maak nie
Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar. Matteus 6:19–20
11 Moenie bekommerd wees nie
Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Matteus 6:25
12 Gee julle vir hulle iets om te eet
Maar Hy sê vir hulle: ‘Gee julle vir hulle iets om te eet.’ Markus 6:37
13 Moenie bang wees nie
Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê: ‘Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.’ Matteus 14:27
14 Wie is Ek?
‘Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?… Maar julle,’ het Hy gevra, ‘wie, sê julle, is Ek?’ Matteus 16:13, 15
15 Gee pad, Satan!
Moenie in my pad staan nie, Satan … want jy dink nie aan wat God wil hê nie maar aan wat die mense wil hê. Markus 8:33
16 Verloor om te wen
As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, …